Local newsNews

Ermelo Fotoklub fotograwe mág maar spog

Die klub bied die geleentheid aan beginnerfotograwe om by ander te leer en hul vaardighede te verbeter.

Ermelo Fotoklub se lede het op 7 Julie hul maandelikse inskrywings vir beoordeling ingestuur.

Mnr. André Serfontein van Nelspruitwas vandeesmaaand se beoordelaar.

Die klub bied die geleentheid aan beginnerfotograwe om by ander te leer en hul vaardighede te verbeter.

Maandeliks kry fotograwe die kans om drie foto’s in die ope-afdeling en een foto in die vasgestelde onderwerp-afdeling in te skryf.

Die vasgestelde onderwerp vir vandeesmaand was “Troeteldiere”.

Me. Marí Kruger het die junior-afdeling met haar foto, Don’t call me stereotypical, gewen en mnr. Leon Drotsky se foto, Strandkapperjolle, het die senior-afdeling gewen.

In die ope-afdeling is me. Adelé Smith se foto, Half perfect, as die 1 ster-wenner aangewys, me. Marí Kruger se foto, Lion Fuss, het die 2 ster-afdeling gewen en mnr. Jacques Kruger se foto,

Morning Drink, is as die wenner in die 3 ster-afdeling aangewys.

Mnr. Kruger se foto is ook as die algehele junior-wenner aangewys.

Mnr. Andrew Roos se foto, Hummingbird moth in garden, is as 4 ster-wenner aangewys en mnr. Leon Drotsky se foto, Piazza San Marco, het die 5 ster-afdeling gewen.

Mnr. Drotsky se foto is ook as die algehele senior-wenner aangewys.

Die klub se volgende sluitingsdatum vir inskrywings is 12 Augustus.

Related Articles

Back to top button