NewsSchools

AfriForum skenk hulpmiddele aan skole op Standerton

Die waarde van elke pakket beloop R6 500 en Laerskool Jeugkrag, Standerton Akademie, Laerskool Kalie de Haas en Laerskool Standerton was die begunstigdes.

AfriForum se Mpumalanga-takke het skole in dié provinsie op verskeie maniere bygestaan om hulle te help om gereed te wees om volgens die streng regulasies te heropen.

Volgens hulle persvrystelling van 25 Junie, is hulpmiddele ter waarde van meer as R300 000 aan skole versprei het, wat deel vorm van die #AfriForumStaanSaam vir Skole-projek.

Dié insiatief is in samewerking met AfriForum Jeug aangepak.

Skolehulppakkette bevat Covid-19-inligtingstukke, patrone vir gesigmaskers, klaskamerplakkate, elektroniese termometers, handreiniger en handreinigerstaanders.

Die waarde van elke pakket beloop R6 500 en Laerskool Jeugkrag, Standerton Akademie, Laerskool Kalie de Haas en Laerskool Standerton was die begunstigdes.

“Skole is landwyd onder reuse finansiële druk en juis daarom het AfriForum ingespring en skole bygestaan, veral ons plaaslike skole,” het mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, gesê.

Mnr. Hennie Bekker (AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld), mnr. Bronwen Pretorius (AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld), me. Theresa Botma (skoolhoof: Laerskool Jeugkrag) en mnr. Riaan Rijsbergen (Hoërskool Standerton) tydens die oorhandiging van die skolehulpakket. (Foto: Verskaf)
Mnre. Sakkie Boshoff (skoolhoof: Lareskool Kalie de Haas) en Bronwen Pretorius (AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld) tydens die oorhandiging van die skolehulppakket. (Foto: Verskaf).
Mnre. Joe Gouws (Laerskool Standerton) en Bronwen Pretorius (AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld) tydens die oorhandiging van die skolehulppakket. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button