MunicipalNews

Vullisverwydering op die dorp suig aan die agterspeen

Me. Mtshiselwa het dieselfde dag geantwoord dat oortydbetalingprosedures gevolg word volgens ’n kollektiewe ooreenkoms.

Inwoners raak warm onder die kraag oor die vullisverwydering op Standerton wat nie na behore funksioneer nie.

Volgens ‘n betroubare bron, is slegs twee vragmotors beskikbaar wat aanleiding tot die agterstand gegee het.

Die Lekwa Munisipaliteit se kommunikasiedepartment gee daaglikse skedules deur, wanneer beskikbaar, en die Standerton Advertiser poog om op sy webtuiste, dié skedules so gou moontlik aan inwoners te verskaf.

‘n Ander bron het gesê die munisipale werkers word nie oortyd betaal nie.

‘n WhatsApp-boodskap is op Vrydag 26 Junie aan die kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, me. Thobeka Mtshiselwa, gestuur om die waarheid van die bewering na te gaan.

Me. Mtshiselwa het dieselfde dag geantwoord dat oortydbetalingprosedures gevolg word volgens ‘n kollektiewe ooreenkoms.

Watter Lekwa-werknemers geraak word, kon egter nie bevestig word nie.

‘n Bykomende probleem is diere wat in die vullissakke grawe op soek na kos en die koerant het verlede week in sowel Burger- en Paarlstraat die gemors gadegeslaan.

Lekwa Clean Up Crew gaan onverpoosd voort, met die geldelike hulp van die gemeenskap, om vullissakke op te laai.

’n Dier op soek na kos op ’n mistige wintersoggend in Burgerstraat.

Related Articles

Back to top button