NewsSchools

Hoërskool Ermelo is gereed vir leerders om terug te keer skool toe

Mnr. Pieter Grobler, EHS se hoof het mnr. Jan-Hendrik Jacobsz vir die "fogger" en mnr.  Johan Herholdt van NutroChem vir die sanitasie-stasie en die chemikalieë bedank.

Hoërskool Ermelo het onlangs al die nodige veiligheidmaatreëls in plek gestel, om leerders weer by die skool te verwelkom en die verspreiding van Covid-19 virus te voorkom.

Die skool is deeglik gesaniteer, ’n “fogger”  en ’n santitasie-stasie is by die skool opgerig.

’n “Fogger” wat deur mnr. Jan-Hendrik Jacobsz aan Hoërskool Ermelo geskenk is.

Mnr. Pieter Grobler, EHS se hoof het mnr. Jan-Hendrik Jacobsz vir die “fogger” en mnr.  Johan Herholdt van NutroChem vir die sanitasie-stasie en die chemikalieë bedank.

Die onderwysers het ook opleiding ontvang oor die regulasie en vereistes waaraan die skool, personeel en leerders moet voldoen.

Die nuwe sanitasie-stasie wat by Hoërskool Ermelo opgerig is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button