MunicipalNews

Lekwa brandweerdienste in beroerde toestand

Volgens inligting, is een brandweerwa wat reeds aangekoop en betaal is, nog nie afgelewer nie

Die situasie rakende die brandweer se hulpbronne het ‘n bekommerde inwoner genoop om met die Standerton Advertiser oop kaarte te speel.

Volgens inligting, is een brandweerwa wat reeds aangekoop en betaal is, nog nie afgelewer nie.

‘n Ander brandweerwa se ratkas moet nog herstel word nadat dit vir herstelwerk ingestuur is, sonder om na bewering, ‘n kwotasie vir dié betrokke werk in te dien.

Die koerant het op Donderdag 4 Junie via WhatsApp met die kommunikasiebestuurder van die Lekwa Munisipaliteit, me. Thobeka Mtshiselwa, in verbinding getree om die waarheid van die bewerings na te gaan.

Teen druktyd is geen kommentaar ontvang nie.

Daar is ook sowat ‘n jaar gelede publisiteit verleen aan die provinsiale Departement van Samewerkende Ontwikkeling en Tradisionele Sake wat toerusting aan Lekwa geskenk het.

Toerusting het tente, matrasse en stofies ingesluit as ‘n poging om menseverlies deur brande in die winter te voorkom.

Die gemeenskap is ook bedag gemaak op die gevare verbonde aan ‘n ‘imbawula’, wat in sommige informele nedersettings gebruik word om kos te maak en warm te bly..

Dit stel koolstofmonoksied vry wanneer dit brand.

Lekwa Brandbestrydingsvereniging het reeds verbodbepalings bekendgemaak waarvolgens ‘n geldige permit, volgens artikel 25 (3) van die ‘National Veld and Forest Act’ 101 van 1998, benodig word.

Standerton Buiteklub het in 2018 onder grootskaalse verwoesting deurgeloop.

Die bepalings sluit in dat geeneen, vanaf 1 Junie tot en met 31 Oktober, ‘n vuur buite die Lekwa-grensgebied mag maak behalwe as dit gemaak word by:

• ‘n afgebakende piekniek- of kampeergebied, woonwapark of vakansieoord is, met die voorbehoud dat dit ordentlik met water of sand geblus sal word.
• ‘n woongebied om kos gaar te maak.
• ‘n woon- of industriële gebied in geproklameerde informele nedersettings.
• ‘n inisiasieskool wat spesifiek vir dié doeleindes ingerig is. Voorts word die brand van houtkapsels afkomstig van houtplantasies of selfaangeplante eksotiese bome of indringerplante verbied.

‘n Permit word ook benodig om oorblysels, verboude oeste en veld of brandstrook te brand. Die periode deurgaans is 1 Junie tot 31 Oktober en oortreders kan ‘n minimumboete van R5 000 opgelê word.

Skakel mnre. Louis Kotzé by 082 564 5698 of Lappies Labuschagne by 082 8433 3200 om permitte te bekom.

Me. Sithi Silosini van die DA, het op 4 Junie ‘n persvrystelling bekendgemaak waarin die party hul kommer oor die aantal brande by huise uitspreek.

Volgens me. Silosini, is Lekwa vir die afgelope 10 maande sonder ‘n brandweerwa.

Lees ook: Museum piece or not? Fire engine arrives in Standerton

Dié brandweerwa het op 6 Julie verlede jaar by ’n brand in Meyerville opgedaag.

Die rede word aan beweerde swak finansiële beplanning en toenemende skuld toegeskryf. Sy het aangevoer dat die lewens van inwoners bedreig word en statistieke, wat bekom is van die brandweerstasie, genoem, waarvolgens vyf huise in Maart aan die brand geslaan het, ses in April en vier in Mei.

Volgens haar, is al die brande deur ‘n watertenker en ‘skid unit’ geblus, hoewel ‘n brand by ‘n huis in Thuthukani nie op ag geslaan is nie..

Die persvrystelling verwys ook na ‘n raadsvergadering op 24 Januarie waartydens besluit is om nuwe brandweerwaens dringend aan te koop.

‘n Vooruitgeskatte verlies van R407-miljoen vir die 2018/2019 finansiële jaar is aangedui. Altesaam 20 huise is tussen Julie verlede jaar en Januarie in puin gelê.

Me. Silosini het bygevoeg dat 30 brandbestryders ‘n bevolking van meer as 133 000 moet dien, waarvan slegs 10 beskermende toerusting het.

Ten slotte het die DA ‘n beroep op die Mpumalanga-regering, veral mnr. Mandla Msibi van die Departement van Samewerkende Ontwikkeling en Tradisionele Sake gedoen om in te gryp.

Kyk ook: VIDEOS – Brand lê Standerton Buiteklub in puin

Standerton Buiteklub het in 2018 onder grootskaalse verwoesting deurgeloop.
’n Toneel wat hom op 27 Julie verlede jaar op die Secunda-pad afgespeel het toe daar probleme was om die brandweer se hulp te bekom. (Foto verskaf)

Lees ook: DA is fired up about fire department in Standerton

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button