Local newsMunicipalNews

Motoriste jaag steeds in Joe Slovostraat

Munisipaliteit gaan glo nog spoedwalle oprig.

SECUNDA – Inwoners van Joe Slovostraat kla al vir maande dat hulle spoedwalle in dié straat soek omdat motoriste die spoedgrens oorskry en onverskillig ry.

Govan Mbeki Munisipaliteit het gehoor gegee en een spoedwal in dié straat opgerig, maar inwoners soek nog want hulle sê motoriste jaag steeds as hulle ver van die spoedwal is.

Die Echo het die hoof van bemarking en kommunikasie, mnr. Henry Masango, vroeër vanjaar toe die een spoedwal opgerig is, om kommentaar genader en gevra of die munisipaliteit nog spoedwalle in Joe Slovostraat gaan oprig.

Hy het gesê: “Die proses om spoedwalle op te rig, is aan die gang in die hele Govan Mbeki munisipale gebied en waar mense spoedwalle versoek het, sal ons dit oprig, maar ons kan onsself nie aan ’n spesifieke datum onderhewig stel nie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button