NewsSchools

Leerlinge geniet natuurwetenskap

Kinders vier en geniet moldag op Secunda.

SECUNDA – Leerlinge van Laerskool Secunda het op Donderdag, 23 Oktober internasionale moldag gevier.

Die molgetal 6.02 x 1 023 is deur die wetenskaplike Avogadro uitgewerk en dié dag word nou jaarliks op 23 Oktober gevier.

Leerlinge moes elkeen ’n vuurpyl bou, papiervliegtuie vou en valskerms maak met ’n rou eier aan wat veilig moes land.

Volgens die personeel het dié projekte vir pret onder die leerlinge gesorg.

Dié wetenskaplike dag help leerlinge om kreatief te dink en navorsing te doen.

Anthony van Wyngaard was die wenner van die dag onder die gr. 6-leerlinge en JD Smit en Jean Mostert was die wenners onder die gr. 7-leerlinge.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button