CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Bethal-diewe gevang

“Ek is stomgeslaan oor hoe vinnig die mense gereageer het en na dié gebeure weet ek dat ons saam misdaad kan bekamp. ”

BETHAL – Drie diewe is op Sondag, 19 Oktober deur GPF-lede en die plaaslike polisie in hegtenis geneem.

’n Inwoner het op die GPF WhatsAppgroep gesê dat sy vensters by haar buurman, mnr. Gert Delport, se stoorhuis op die hoek van Noord- en van der Hydelaan hoor breek het.

Mnr. Werner Herselman, voorsitter, het dadelik gereageer en na die huis gery, terwyl me. Michelle Viljoen, DA-raadslid, die boodkskap op byna al ses GMM WhatsApps versprei het.

“Ek het oor die muur geklim en die inbrekers gesien en op die WhatsAppgroep om hulp gevra,” het mnr. Herselman gesê.

“Daar was binne vyf minute 30 mense.”

Twee inbrekers het in Bethalrand se rigting weggehardloop en die ander een in die veld in.

Mnr. Walter Arrow het die een in die veld gevang en mnre. Tiens Els en Peet Venter die ander twee.

“Ek is stomgeslaan oor hoe vinnig die mense gereageer het en na dié gebeure weet ek dat ons saam misdaad kan bekamp, ” het mnr. Herselman gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button