Local newsNews

Solidariteit stig krisisfonds om behoeftiges tydens Covid-19 pandemie te help

Helpende Hand stel vandag, 8 April, hul Houers Vol Hoop-projek bekend.

Die Solidariteit Beweging het gister, 7 April, tydens hul Helpmekaar-dag, amptelik ’n krisisfonds gestig om die maatskaplike nood wat weens die koronavirus ontstaan het, te beveg.

Solidariteit Helpende Hand bestuur dié fonds en het dit goed gedink om dit te begin nadat hulle met versoeke vir hulp oorval is.

Mnr. Hannes Noëth, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, het gesê daar volg gewoonlik ’n maatskaplike krisis op ’n ekonomiese krisis.

“Die gemeenskap moet daarom seker maak dat alles in plek is om mekaar in tye van nood te help,” het mnr. Noëth gesê.

“Ons verwag dat die nood en die behoefte al hoe groter gaan word.

“Die Solidariteit Beweging se krisisfonds word deur Solidariteit Helpende Hand se onafhanklike ouditeure geoudit en ’n spesiale oorsigkomitee sal sorg dat die geld reg aangewend word.”

Helpende Hand het reeds meer as 70 Josef-silo’s op die been gebring waar nie-bederfbare kos afgelewer kan word.

Helpende Hand se bestuur noem die plekke waar die kos afgelewer kan word Josef-silo’s volgens die Bybelse verhaal toe Josef opdrag gekry het om in Egipte koring op te gaar tydens die sewe jaar van oorvloed, vir die sewe jaar hongersnood wat gevolg het.

“Ons bedoeling met Josef-silo’s is dus om voorsiening te maak vir die moeilike tye wat ons tans ervaar én om voorsorg te tref vir moeilike tye wat kan kom as die inperking verby is,” het mnr. Noëth gesê.

Helpende Hand stel vandag, 8 April, hul Houers Vol Hoop-projek bekend.

Die gemeenskap kan dié projek ondersteun deur kos by een van die Josef-silo’s te gaan afgee of deur ’n kontantskenking te maak waarmee Helpende Hand kos vir behoeftiges sal koop.

Volgens mnr. Noëth pak Helpende Hand self die houers en ontsmet die verpakking.

Elke houer bevat R350 se nie-bederfbare goedere wat vir gesinne in nood uitgedeel gaan word.

“Helpende Hand wil graag onder gesinne ’n verskil maak daarom het ons Houers Vol Hoop geskep,” het mnr. Noëth gesê.

“Houer vir houer moet daar ’n verskil gemaak word in ons behoeftige gemeenskappe wat tans swaar onder die Covid 19-inperking ly.

“Ons gebruik spesifiek die woord ‘houer’, want dit is iets waaraan jy fisies kan vat en waarvan jy die inhoud kan gebruik.

“Ons gebruik spesifiek die woord ‘vol’, want dit is nie net ’n houer nie, die houer is vol ‘hoop’ want saam met die bietjie kos gee ’n mens ook hoop.”

Helpende Hand glo in die beginsel om reg te gee.

“Ons kyk mooi wat die gesin nodig het en bereken dit reg om te sien wat hulle kan deurtrek in ’n moeilike tyd.

“Houers Vol Hoop is ook bedoel om ’n handvatsel te wees vir die situasie waarin mense hulle tans bevind.

“Mense is soms onseker en daar word dikwels aan ons gevra: ‘Wat moet ek gee?’ Houers Vol Hoop is iets wat gegee kan word en die inhoud is wat benodig word.

“Ondersteuners kan een aankoop en sodoende reg gee; hulle kan nood aanspreek en sodoende hoop skep.”

Die VF Plus het die voortou geneem en die eerste bydrae gemaak deur R50 000 te skenk om Houers Vol Hoop aan te koop.

As jy wil help en dié projek wil ondersteun, besoek die webwerf www.houersvolhoop.co.za.

Die inhoud van die houers vol hoop is 12,5kg mieliemeel, 2kg rys, Macaroni, ’n 200g-pakkie teesakkies, ’n 500g-blik Cremora, Soja (bees en hoender), geblikte uie en tamatie, boeliebief, geblikte bone, soppoeier, ’n 750ml-bottel kookolie, 500g sout, ’n 900g-blik konfyt, tandepasta, nege rolle toiletpapier en een bottel skottelgoedseep.

Skerm greep van Solidariteit se webtuiste. https://helpendehand.co.za/houers-vol-hoop/

  • Notice: Coronavirus reporting at Caxton Local Media aims to combat fake news

Dear reader,

“As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Caxton Local Media is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19,” said Ms Helene Eloff, Legal Adviser for Caxton.

Readers with any comments or queries may contact National Group Editor Irma Green (irma@caxton.co.za) or Legal Adviser Helene Eloff (helene@caxton.co.za).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button