Local newsMunicipalNews

Oop kabel veroorsaak kragonderbrekings

Vragmotors en voetgangers gebruik Secunda Village se agter ingang en ’n ongeïsoleerde kabel word elke keer gelas as dit stukkend is.

SECUNDA – ’n Elektriese kragkabel op die hoek van Drakensberg- en Bloubergstraat lê al vir bykans’n jaar bo die grond en veroorsaak gereelde kortsluitings.

Vragmotors en voetgangers gebruik Secunda Village se agter ingang en dié ongeïsoleerde kabel word elke keer gelas as dit stukkend is nadat veral vragmotors daaroor gery het.

Sasol het vier weke gelede ’n sloot gegrawe om die kabel te huisves en daar word net vir die Govan Mbeki Munisipaliteit gewag om die kabel te isoleer.

“Dit is gevaarlik vir motoriste wat daagliks oor dié kabel ry,” het mnr. Ben Jones, sekuriteitsbeamte van Secunda Village, gesê.

Inwoners van Drakensberg-woonstelle het gedurig kragonderbrekings en as krane oopgedraai word, is daar kortsluitings.

Petrolchemical Piping Service (PPS) het hul eie kragopwekker aangeskaf, want hul rekenaars moet gereeld herstel word weens die kragonderbrekings.

“Ons behoort nie só te sukkel nie, want ons almal betaal vir munisipale dienslewering,” het mnr. Paul Joubert, direkteur van PPS, gesê.

Die hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipalitieit, mnr. Henry Masango, het nie teen druktyd kommentaar gelewer nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button