CrimeEditor's choiceLocal newsNews

Vier gewapende mans hou egpaar aan

Rowers vlug met egpaar se motor na rooftog op Secunda.

SECUNDA – Me. Rosa Mills meen as dit nie vir ‘n afleweringsman was wat op Dinsdag, 21 Oktober by hul huis gestop het nie, kon sy, haar man en hul huishulp dalk dood gewees het.

Vier gewapende mans het die egpaar aangehou.

Me. Mills glo sy en haar man, mnr. Christo Mills, is agtervolg toe hulle vanaf die Secunda Mall huis toe gery het, want hulle het skaars in hul motorhuis geparkeer, toe die mans buite hul motor gestaan het.

“Die deur van die motorhuis was nog besig om toe te gaan,” het me. Mills gesê.

“Een het dadelik die ring van my vinger afgehaal, die kettinkie om my nek gevat en selfs die oorbelle uit my ore gehaal.”

‘n Ander rower het mnr. Mills se Rolex gevat.

Die mans het hulle in die huis in laat gaan en geld en juwele geëis.

Hulle het vir die kluis se sleutels gevra en me. Mills was op pad om dit in die motor te gaan haal.

Toe sy in die deur wat na die motorhuis lei gestaan het, het die afleweringsman van ‘n apteek gestop om vir haar pille af te lewer.

“Ek het besef as ek hom groet, gaan hulle hom dalk doodskiet,” het me. Mills gesê.

“Hy het egter onraad vermoed toe een van die rowers my gestamp het.”

Hy het dadelik op sy motorfiets geklim en hulp gaan ontbied.

Die rowers het intussentyd vir mnr. en me. Mills en hul huishulp vasgebind en die huis deursoek en onder andere televisies gesteel.

Hulle het met mnr. Mills se warm gemaakte Mercedes wat ook in die motorhuis gestaan het, en in ‘n GTI Golf gevlug.

“Ons leef in ‘n tronk en die skelms loop vry buite rond,” het me. Mills gesê,

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button