Local sportSchool sportSport

Leerlinge van Laerskool Goedehoop toets kennis en vaardighede

Tennisspelers ontwikkel bal- en oogvaardighede.

SECUNDA – Leerlinge van Laerskool Goedehoop het Saterdag, 20 September aan ’n tenniskliniek op Hoërskool Oosterland se tennisbanne deelgeneem.

Die doel van dié kliniek was om leerlinge se ontwikkeling te toets en te verbeter.

Me. Annemarie Meyer, tennisafrigter, het die spelers gekoördineer en gehelp om hul bal- en oogvaardighede te ontwikkel.

Me. Amanda van Zyl, onderwyser van Laerskool Goedehoop, het gesê: “Die dryfveer van dié tenniskliniek is die liefde en aandag wat kinders insit om hulself te geniet.”

Dit is ’n jaarlike instelling aan die einde van elke tennisseisoen en me. Van Zyl is in beheer van die reëlings.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button