Local newsMunicipalNews

Inwoners kla oor diens by lisensiekantoor

Inwoners is moeg vir die swak diens by die Bethalse lisensiekantoor.

BETHAL – Die lisensiekantoor is volgens die inwoners die plek wat hulle die minste wil besoek oor die swak diens.

“Wat die werknemers van ons wil hê, soos ’n gesertifiseerde ID-dokument, word nie duidelik weergegee nie en dan moet ’n mens drie ure later by die ontvangs uitkom en dan eers die kennisgewing sien,” het ’n inwoner gesê.

Hy het gesê: “’n Mens word glad nie goed behandel nie en as jy vir die vereistes vra, verskil elkeen se inligting.

“Hulle is ongeduldig en ongeskik met almal.”

Daar is geen kaartgeriewe nie en inwoners moet die regte kontant saamneem anders kry hulle nie kleingeld nie en ’n inwoner het gesê dat dit gevaarlik is om met kontant rond te loop.

Die man wat die oogtoetse doen en vingerafdrukke neem is glo baie afwesig en niemand kan sê wanneer hy gaan terugkeer nie.

Sonder die oogtoets kan inwoners nie afsprake maak nie.

“Die vroue by ontvangs hang aan mekaar en kyk eers of hulle jou wil help.”

Mense kan glo die deurwag omkoop om in te gaan en die werkers antwoord ook glo nooit die telefone nie.

Inwoners is raadop en van hulle het gesê dat hulle ’n hele dag mors en dit gebeur op ’n weeklikse basis.

Die hoof van bemarking en kommunikasie van die Govan Mbeki Munisipaliteit, mnr. Henry Masango, het gesê dat die munisipaliteit ondersoek sal instel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button