Local sportSport

Silent Assassins teken 63 doele aan

Spanne ding weer vandeesweek weer mee en speel elke Maandag, Woensdag en Vrydagaand.

SECUNDA – Netbalspanne het verlede week by Lake Umuzi kragte gemeet toe die nuwe binnenshuise netballiga afgeskop het.

Die Senorita’s het die Mixers Maandag, 1 September met ’n telling van 42-11 geklop en die Silent Assassins het die PDPS-span op dieselfde dag met ’n telling van 63-3 geklop.

Die Puss & Boots-span en die E-Lemon-Nators het Woensdag, 3 September kragte gemeet en die Puss & Boots-span het die wedstryd met ’n telling van 29-6 gewen.

Die Underdogs het die Hoops op dieselfde dag met ’n telling van 29-7 geklop en die Puss & Boots-span het die PDPS-span ook op dieselfde dag met ’n telling van 50-3 geklop.

Die Senorita’s en die Black Magic-span het ook op dié dag kragte gemeet en die Senorita’s het die wedstryd met ’n telling van 39-13 gewen.

Die Underdogs en die E-Lemon-Nators het Vrydag, 5 September meegeding en die Underdogs het die wedstryd met ’n telling van 32-13 gewen.

Die Targarian-span het die onderspit gedelf op dieselfde dag toe die Mixers hulle met ’n telling van 37-19 geklop het.

Die Wolfpack-span en die Proconics Turners-span het noue stryd gehad en die Proconics Turners het die wedstryd met ’n telling van 29-20 gewen.

Die Aftershock-span en die Wolfpack-span het ook Vrydag kragte gemeet en die Aftershock-span het as wenners uit die stryd getree met ’n telling van 24-11.

Spanne ding weer vandeesweek weer mee en speel elke Maandag, Woensdag en Vrydagaand.

Belangstellendes is welkom om na die wedstryde by Lake Umuzi te gaan kyk.

Vir meer inligting, skakel me. Adelle Grové by 072 262 4634.

Related Articles

Back to top button