Local newsNews

Tannie Kotie is 103

Me. Kotie Laas maak nog self haar huis skoon.

BETHAL – Me. Kotie Laas is 103 jaar oud en sy het gesê dat die wêreld te gerieflik geraak het.

“In my tyd moes ons hard werk en ’n hele proses volg net om koffie te maak.”

Sy is op 3 Maart 1911 gebore en het op Bethal in 1960 aangekom en is in dieselfde jaar getroud.

Haar man is in 1983 skielik aan ’n hartsiekte dood en sy is nie weer getroud nie.

Sy het een seun, drie kleinkinders, sewe agterkleinkinders en sewe agter-agterkleinkinders.

“Toe ek vir die eerste keer op Bethal aangekom het, was daar nog geen munisipaliteit nie en ons moes nog self water met ’n waterkarretjie pomp.”

In haar vrye tyd geniet sy dit om boek te lees, te hekel, te brei en om te kook.

“Ek sny self gras en knie nog deeg vir vetkoek,” het sy gesê.

Haar kleinkinders en agterkleinkinders inspireer haar omdat hulle haar baie lief het.

Me. Laas maak nog self haar huis skoon.

Sy hou baie van gemmerkoekies en melktert.

Me. Laas is ook as een van die bejaardes vir Helpende Hand se Tuisgenootprojek, ’n projek waar bejaardes bevorder word, gekies.

Volgens ’n vriendin van haar is sy die dankbaarste mens, sy kla nooit nie en is altyd besig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button