Local newsNews

AfriForum haas na brandtoneel om te help

AfriForum het aangedui dat dit die tweede brandende huis binne drie maande is, wat onder hul aandag gebring is.

Die AfriForum-tak en -buurtwag op Standerton het ‘n persvrystelling beskikbaar gestel oor ‘n brand op Vrydag 29 November waartydens hulle vlamme kon blus.

AfriForum het aangedui dat dit die tweede brandende huis binne drie maande is, wat onder hul aandag gebring is.

Volgens die burgerregte-organisasie is die plaaslike brandweer ook in kennis gestel, maar het nie opgedaag nie.

Dit is ook die tweede keer dat hulle nie by ‘n huisbrand opdaag nie.

“Toe ons die noodroep ontvang het, is daar dadelik na die toneel gehaas en met ons aankoms, was die huis reeds in ligte laaie,” het mnr. Gerhard Moll, voorsitter van die buurtwag, gesê.

“Ons kon daarin slaag om die vlamme te blus, maar die huis is in die brand verwoes.”

“Dit is belangrik dat gemeenskappe saamspan om doeltreffende reaksie tydens noodgevalle te verseker,” het mnr. Pieter Botha, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak, gesê.

Hy het die gemeenskap aangemoedig om by bestaande strukture betrokke te raak om mekaar te ondersteun.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button