Local newsNews

Sakevrou van Standerton verklap bietjie van haar loopbaan

As koshuisbrak sou dié plaasdogter, wat gewoond was aan die stilte, afgewissel met die klanke van voëls en tarentale, gou ingeburger raak en sy was by Stannies die hoofmeisie van die koshuis, sowel as die laerskool, ’n sonderlinge eer.

Me. Irma Viljoen vier vanjaar haar 34ste jaar in die skoonheid- en gesondheidsbedryf en haar loopbaan het heel gepas, by ma Lulu, sy oorsprong.

Haar oorlede moeder het toe Irma 10-jaar-oud was, uitgespring om die pot op hul plaas, langs die Watervalrivier by Roodebank, aan die kook te hou.

“Dit was die beste besluit wat sy ooit geneem het,´ aldus Irma.

Dié Annique-sakevrou het eers by Laerskool Holmdene skoolgegaan voordat Laerskool Standerton en daarna Hoërskool Standerton gevolg het.

As koshuisbrak sou dié plaasdogter wat gewoond was aan die stilte, afgewissel met die klanke van voëls en tarentale, gou ingeburger raak en sy was by Stannies die hoofmeisie van die koshuis, sowel as die laerskool.

“Koshuislewe leer jou sosiale aanpasbaarheid, hoe om te kommunikeer en ‘n mens kry die geleentheid om te ontwikkel tot selfstandigheid.”

Na skool het haar idee om ‘n verpleegster te word, vervaag by die aanskoue van bloed en sy was vort na die groot stad, Pretoria, om ‘n sekretariële diploma te verwerf.

Sy en Dirk is in die eg verbind toe sy 19 jaar oud was en die egpaar spog met drie dogters en vyf kleinkinders, met nog ‘n kleinkind wat op pad is.

Die oudste Louise, en haar man Frikkie, bly naby die dorp en hul verbintenis, as ‘n mens nou vra van waar is jy, dateer toe die gootouers beste vriende was.

Carla, die tweede oudste en Hannes ken mekaar sedert gr. 1, terwyl Wilmari en Wilhelm om die kampvuur tydens hul onderskeie ouers se vakansies mekaar leer ken het.

Irma gaan nou voluit as ouma.

“Ouma-wees is vir my ‘n opgradering, net soos wanneer jy met jou selfoon opgradeer.

“Nuwe status.”

Met die eise wat haar loopbaan gestel het en doelwitte wat bereik moes word, het sy haar onderskei en is byna ‘n wêreldburger, so berese is sy.

Annique-vakansies na Phuket, Singapoer, Bali, Thailand, Hongarye, Kroasië, Frankryk, Engeland, Switserland, Duitsland, Dubai, Mexiko, Mauritius, Karibiese Eilande, Brasilië en Alaska het vele herinneringe nagelaat.

“Ek het Mexiko as die hoogtepunt beskou totdat ek Alaska gesien het.

“Europa het indrukwekkende katedrale en ou geboue, die Ooste het tempels en Boeddhisme, maar Alaska het reënwoude, bere en gletsers.”

Irma het na haar ma se dood die twee spanne laat saamsmelt en het 680 konsultante tans in haar span.

Haar verantwoordelikhede sluit in die werwing van mense, opleiding en slyping van leierskapeienskappe.

“Jy gaan slaap eintlik elke aand werkloos en die volgende dag hang dit wat jy gaan bereik, af van jouself.”

Me. Irma Viljoen het tans ’n span van 680 konsultante wat Annique bemark. (Foto verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button