Local newsNews

Hier is Gerda van Kokkedoor se Truffelresep

Me. Cronjé het gesien dat daar niks op die dorp vir kinders is om te doen nie. “Dit is vir my lekker om kinders deel van iets prettig te maak. Terselfdetyd leer ook nuwe dinge,” het sy vertel.

Me. Liza Cronjé, eienaar van die Opstal-tuisnywerheid op Standerton, het besluit om Saterdae iets aan te bied waaraan kinders kan deelneem.

Tannie Gerda Büter het Saterdag, 13 Julie, saam met die jongspan gekuier.

Hulle het geleer om heerlike truffels te maak en te versier.

Me. Cronjé het gesien dat daar niks op die dorp vir kinders is om te doen nie.

“Dit is vir my lekker om kinders deel van iets prettig te maak. Terselfdertyd leer hulle ook nuwe dinge,” het sy vertel. Elkeen het ‘n resep gekry om saam huistoe te neem.

Mamma en pappa kon aan die heerlike truffels, die wat nie reeds opgeëet is nie, smul.

Liedjies is gesing en om die dag af te sluit, het hulle speletjies gespeel.

Jy kan ook dié truffels by die huis maak.

Tannie Gerda se truffels van Kokkedoor

Bestanddele
125 g botter of margarien
130 g (250 ml) versiersuiker, gesif
40 g (100 ml) kakao, gesif
1 pakkie Marie-beskuitjies, fyngemaak
125 ml fyn appelkooskonfyt
5 ml vanieljegeursel
40 g (125 ml) klapper of vermicelli en kersies

Metode
Verroom die botter/margarien. Sif die versiersuiker en kakao saam bo-oor en meng.

Voeg die beskuitjies, konfyt en geursel by en meng deeglik.

Rol mengsel in okkerneutgroot balletjies rondom die kersies.

Rol elke balletjie in die klapper of vermicelli.

Plaas balletjies in ‘n toe houer in die yskas.

Lewer sowat 35 truffels.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button