CrimeNews

Plaasaanvalle styg met 60 persent volgens Transvaalse Landbou-unie Suid-Afrika

’n Styging van 22 % is tussen 2000 en 2009 aangemeld waar 1 407 voorvalle plaasgevind het.

Die Transvaalse Landbou-unie Suid-Afrika (TLU SA) het onlangs die halfjaarlikse landbou-misdaadsyfers bekendgemaak.

Volgens TLU SA, is hulle bekommerd oor die toename en brutaliteit van plaasaanvalle in Suid-Afrika.

Oor die afgelope dekade het dit met 60% toegeneem.

Dié statistiek is tydens die organisasie se aankondiging van syfers oor plaasaanvalle en -moorde bekendgemaak.

‘n Styging van 22% is tussen 2000 en 2009 aangemeld waar 1 407 voorvalle plaasgevind het.

Volgens TLU SA se amptelike Insidente Register, wat sedert 1990 bygehou word, is 1 125 plaasaanvalle tussen 1990 en 1999 aangemeld.

Die afgelope nege jaar van 2010 tot 2019 is 2 616 plaasaanvalle regoor die land aangeteken, ‘n toename van 60%.

In die ooreenstemmende tye het plaasmoorde van 637 (1990 tot 1999) met 22% (799 moorde) toegeneem tussen 2000 en 2009.

In die volgende nege jaar tot in 2019 het 586 plaasmoorde plaasgevind.

Genl.maj. Chris van Zyl, adjunk-hoofbestuurder van TLU SA, het gesê: “Dié syfers is skokkend. Maar vir TLU SA is dit nie net syfers nie.

Dit is 2 022 lede van ons boeregemeenskap wat sedert 1990 uitgemoor is.

Dit is 5 148 kere wat gesinne en plaaswerkers vir hulle lewens gevrees het in ‘n plaasaanval.

“Steeds is dit nog nie belangrik genoeg vir die regering en pres. Cyril Ramaphosa om dié aanslag te veroordeel nie. Die redelike mens kan dus aanvaar dat die ANC-regering, hierdie misdaad as minderwaardig ag en dit goedkeur.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button