Local sportSport

Morgenzon Landbou Akademie bied suksesvolle ghongskietdag aan

Spanne van ver en naby het deelgeneem en hoewel dit koud met wind was, is die dag suksesvol voltooi.

Morgenzon Landbou Akademie (MLA) het onlangs in samewerking met Ararat 4×4 en Avontuur ‘n ghongskiet-kompetisie aangebied.

’n Totaal van 32 spanne het vir die kompetisie ingeskryf met elke span wat uit vier lede bestaan het.

Spanne van ver en naby het deelgeneem en hoewel dit koud met wind was, is die dag suksesvol voltooi.

Claas Agri Vrede het ook by die dag uitgestal en gehelp om die dag besonders te maak.

Uitslae is as volg: 

• Wenspan: Overwatch
• Tweede: Knersvlakte
• Derde gesamentlik: The Y Knots en Spekskieters
• Juniorspan: Spekvreters

MLA het borge vir hulle bydrae bedank, asook die Jaco’s van Ararat wat help reël het sowel as elke ouer, onderwyser en ander individue vir hul hulp.

Die wenspan by die ghongskiet-kompetisie was Overwatch. (Foto: Verskaf)

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button