MunicipalNews

Inwoners identifiseer sondebokke vir waterprobleme op Standerton

Die langverwagte perskonferensie op Vrydag 19 Julie deur die burgemeester, mnr. Linda Dhlamini, is op die nippertjie afgestel en inmiddels is te hore gekom van ’n televisiespan wat Standerton dieselfde dag sou besoek om oor agteruitgang op die dorp verslag te doen.

Me. Tos van Jaarsveld van Tozandré Gastehuis is in die onbenydenswaardige posisie dat gaste wat inboek en die roete na die kruising van Kieser en Caledonstraat neem, hulle motors versigtig moet navigeer.

Een gas het verlede week opgemerk dat toe sy op 30 April op Standerton op ‘n sakebesoek was, die omgedolwe waterlekkasie wat deur die Lekwa Munsipaliteit agtergelaat is, nou erger is.

Die gevaar verbonde aan besoekers aan die dorp wat in die nag huisvesting moet kry, is genoem.

Volgens me. Van Jaarsveld, is die probleem al menigmaal deur verskeie mense by die munisipaliteit aangemeld.

Die toesighouer, me. Rebeca Vinton, het kans gesien om meewarig te glimlag toe die Standerton Advertiser ‘n foto geneem het.

Me. Rebeca Vinton (toesighouer Tozandré Gastehuis) by die omgedolwe kruising.

Die koerant het op Donderdag 18 Julie ‘n e-pos na die kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, me. Thobeka Mtshiselwa, gestuur om kommentaar oor die oponthoud te kry.

Bogenoemde is geensins ‘n geïsoleerde geval nie met die middedorp, Sakhile, Meyerville, die uitbreidings en informele nedersettings wat ook infrastruktuuragteruitgang aan eie bas voel.

Meyerville en wyke 1, 2, 3, 4, 5, 6, 7, 11 en 15 se watertoevoer is ook verlede week beïnvloed nadat pype in sowel Johannstraat as by die kruising van Colling- en Sydney de Langestraat gebars het.

Die langverwagte perskonferensie op Vrydag 19 Julie deur die burgemeester, mnr. Linda Dhlamini, is op die nippertjie afgestel en inmiddels is te hore gekom van ‘n televisiespan wat Standerton dieselfde dag sou besoek om oor agteruitgang op die dorp verslag te doen.

Inwoners wat televisie kyk, sal ook vertroud wees met die inhoud van ‘n onlangse program oor besoedeling van die Vaalrivier, AfriForum se betrokkenheid en Goldi se voortslepende dilemma.

Die ooglopende watervermorsing gekoppel aan rioolverwante probleme stuit meeste inwoners teen die bors en sosiale media word ingespan om sondebokke te identifiseer.

‘n Mens kan skaars byhou met nuwe lekkasies wat aangemeld word, oues wat nog nie herstel is nie en gebrekkige herstelwerk.

Die koerant het twee maande gelede ‘n lys van mnr. Bronwen Pretorius, distrikskoördineerder van Mpumalanga-Wes vir AfriForum, ontvang wat voorsien was van die datum en tyd wanneer dit by die munisipaliteit aangemeld is, ‘n verwysingsnommer en wie die klag aanhangig gemaak het.

AfriForum het ‘n WhatsApp-groep gestig waarheen inwoners inligting aanstuur.

E-posse aan me. Thobeka Mtshiselwa, kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, word gereeld gestuur nadat die lys persoonlik aan haar oorhandig is.

Ondernemings en loodgieters op die dorp rol ook moue op om te red wat te redde is.

‘n Gevatte inwoner het gevra wie die swemgala tussen Laerskool Standerton en die Kosmos Aftree-oord borg. (Foto: Verskaf)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button