Local sportSport

Tilanie Groenwald van MLA verwerf nasionale kleure

Tydens die gala-aand is nasionale kleure aan vyf ruiters in elke afdeling (seuns, dogters, mans, vroue, senior vroue en senior mans) toegeken.

Tilanie Groenewald van Morgenzon Landbou Akademie (MLA) is deur SAEF vereer vir haar uitstaande prestasie tydens die 2018 Western Mounted Games se nasionale kampioenskap.

Sy het nasionale kleure tydens ‘n prestige byeenkoms by die Afridome op Parys verwerf.

Tydens die gala-aand is nasionale kleure aan vyf ruiters in elke afdeling (seuns, dogters, mans, vroue, senior vroue en senior mans) toegeken.

Die nasionale spanne is ook die geleentheid gegee om aan ‘n Elite Internasionale uitnodigingstoernooi deel te neem waartydens hulle teen ruiters van Engeland, Zimbabwe, Botswana en Namibië en die top 50 van Suid-Afrika deelgeneem het.

Tilanie en haar perd, Gold Dust, het by sewe van die 10 items onder die top agt ruiters geëindig en het ‘n algehele derde plek behaal.

MLA het haar met die prestasie gelukgewens.

 

Related Articles

Back to top button