CrimeNews

Noodlyn vir transitorooftogte is hier

Inligting van dié aard kan op Catch se Twitterrekening geplaas of telefonies oorgedra word om te verseker dat die betrokke inligting die polisie spoedig bereik.

‘n Transitomaatskappy SBV het onlangs ‘n noodlyn bekendgestel om die publiek aan die praat te kry oor transitorooftogte en mense aan te spoor om dié misdade aan te meld.

“Dié noodlyn staan bekend as ‘Citizens against Transit and Catch Heists’ (Catch) en verskaf ‘n platform aan die publiek, gemeenskapsgroepe en sekuriteitsmaatskappye om transitorooftogte aan te meld,” het mnr. Mark Barrett, uitvoerende hoof van SBV, verduidelik.

“SBV het nog altyd nou saam met ander sekuriteitsmaatskappye, die polisie en die misdaadintelligensie-eenheid gewerk.

Volgens mnr. Barrett, kan inligting versamel en gedeel word, hetsy van ‘n werknemer of lid van die publiek.

Hy het die onderneming gegee dat die noodlyn deur ‘n onafhanklike maatskappy genaamd Whistleblowers bedryf sal word wat alle oproepe aan die noodlyn anoniem sal hanteer.

“Hoe vinniger inligting oor dié misdade gedeel word, hoe vinniger kan ‘n ondersoek van stapel gestuur word.

“Waardevolle video’s en foto’s wat op die toneel van transitorooftogte geneem word, lei tot inhegtenisnemings.”

Inligting van dié aard kan op Catch se Twitterrekening geplaas of telefonies oorgedra word om te verseker dat die betrokke inligting die polisie spoedig bereik.

Indien jy inligting het wat ‘n transitorooftog kan verhoed of oor inligting beskik rakende transitorooftog wat reeds plaasgevind het, skakel 0800 222 824.

Die oproep is gratis en word 24- uur per dag deur Whistleblowers gemonitor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button