Local newsNews

Ermelo Hoëveld Landboufees beloof groot pret vir almal in te hou

Piet Pompies gaan Donderdag op die planke verskyn met Ivan Roux en Jennifer Zamudio wat Vrydagaand te sien is en Saterdagaand sal Arno Jordaan en Ampie die skou afsluit.

Die Ermelo Hoëveld Landboufees wat vanaf 5 tot 7 Maart op die Ermelo Skouterrein gaan plaasvind, beloof om pret vir jonk en oud in te hou.

Bekende Afrikaanse kunstenaars sal saans sorg vir vermaak.

Piet Pompies gaan Donderdag op die planke verskyn met Ivan Roux en Jennifer Zamudio wat Vrydagaand te sien is.

Saterdagaand sal Arno Jordaan en Ampie die skou afsluit.

Vir die jongspan sal die pretpark hulle weer vir ure besig hou en Boeboe die Nar sal sorg vir seer maagspiere.

Die kosstalletjies, restaurant en biertent sal sorg dat niemand honger of dors sal wees nie.

Vir die inkopie-lustiges sal die stalletjies in die sale en op die terrein vir elkeen iets bied.

Meer inligting oor wat vanjaar se Landboufees sal bied, sal oor die volgende paar weke in die Hoëvelder verskyn

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button