Local sportSport

Standerton en Distrik hengelaars kap 97 visse vas by Grootdraaidam

Morné Kuhn (jr.) het met agt visse van 3,22kg geseëvier.

Altesaam 13 hengelaars van Standerton en Distrik Hengelklub het op 1 Junie lyn natgemaak by Grootdraaidam en 97 visse met ‘n totale gewig van 46.49kg aan wal gebring.

Niewies Jansen van Nieuwenhuizen is as reserwe vir die Senior SASACC-span aangewys. (Foto verskaf)

Die uitslae in die onderskeie afdelings is:

Seniors:
Francois Scheepers was eerste met 12 visse van 8.42kg, terwyl Johan J van Nieuwenhuizen tweede was met 13 visse van 5.64kg en Andrich Viljoen derde met 12 visse van 4.87kg.

Vroue:
Nicolene Kuhn was onoorwonne met agt visse van 3.01kg.

Junior 0/19:
Morné Kuhn (jr.) het met agt visse van 3.22kg geseëvier.

Junior 0/13:
Robert Nortjé (jr.) het eerste geëindig met nege visse van 5.54kg.

Die kompetisie is aangebied met ‘n promania waar die hengelaars op penne gehengel het.

Die klub het Niel Janse van Rensburg gelukgwens met sy opname in die Senior Protea-span, Niewies Jansen van Nieuwenhuizen wat as reserwe vir die Senior SASACC-span gekies is en

Andries Holtzhausen wat as kaptein vir die SAVOF Senior B-span aangewys is.

Morné Kuhn het die Junior 019-afdeling op 1 Junie gewen. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button