CrimeNews

Skaapsindikaat is moontlik bedrywig op Morgenzon

Drie verdagtes is aanvanklik in hegtenis geneem.

Kasselman Veiligheidsdienste (KVD) op Morgenzon en die Morgenzon Polisie het ‘n anonieme wenk ontvang oor skaapslagting.

Mnr. Fanie Rothman, beampte, en die Morgenzon Polisie het op 14 April toegeslaan in Uitbreiding 3 en op drie  afgekom.

Drie verdagtes is aanvanklik in hegtenis geneem.

Een was in ‘n voertuig met twee stelle nommerplate, die ander het gereedskap soos messe skoongemaak en een was in die huis.

Die huiseienaar, wat op die vlug geslaan het, is Maandagoggend 15 April vasgetrek. Volgens mnr. Rothman, kan ‘n sindikaat moontlik betrokke wees.

Enigeen wat drie skape vermis, kan met mnr. Rothman by 083 263 2996 in verbinding tree of die Morgenzon Polisie by 017 793 3027 skakel.

Die skoongemaakte skaapkarkasse. (Foto verskaf)
Die wegkommotor waarin een verdagte was. (Foto verskaf)
Polisie op die toneel in Uitbreiding 3. (Foto verskaf)

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button