NewsSchools

Kalie de Haas en Podiumpret bied eerste ronde van redenaars-, sprekervaardighede- en leeskompetisie aan

Elke graadwenner van die eindronde se naam word op 'n plaatjie in die tuin van die Afrikaanse Taalmonument aangebring.

Laerskool Kalie de Haas bied op 23 April die eerste ronde van die redenaars-, sprekervaardighede- en leeskompetisie in samewerking met Podiumpret aan.

Die eerste ronde vind by dié skool plaas.

Die halfeindronde vind op 26 April by Hoërskool Oosterland op Secunda plaas, terwyl die eindronde op 7 September by Hoërskool Gimnasium in die Paarl gehou word.

Besoek www.podiumpret.co.za vir inligting oor registrasie en inskrywings.

Geen beperking word geplaas op die aantal inskrywings per persoon of skool nie.

Elke spreker skryf op sy eie in en elke persoon wat inskryf, ontvang ‘n nuwe boek wat deur NB Uitgewers geskenk word.

Elke deelnemer ontvang ‘n sertifikaat van deelname, ‘n beoordeelstaat en ‘n lapelknopie vir die betrokke item.

Elke graadwenner van die eindronde se naam word op ‘n plaatjie in die tuin van die Afrikaanse Taalmonument aangebring.

Skakel me. Carolina van der Westhuizen by 083 415 9083 vir meer inligting.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button