Local newsNews

Ilka Swart van Standerton is gereed vir die loopplank

Ilka het onlangs vir 'n landwye modelkompetisie ingeskryf en met rasse skrede eers tot onder die top 25 en daarna tot die top 10 voornemende modelle gevorder.

Mr. Wessel en me. Bianca Swart van Standerton se laatlammetjie, Ilka, droom groot.

Ilka het onlangs vir ‘n landwye modelkompetisie ingeskryf en met rasse skrede eers tot onder die top 25 en daarna tot die top 10 voornemende modelle gevorder.

‘n Allemintige R30 000 is op die spel vir die wenner.

Hoewel sy nog nooit die loopplank betree het nie, het sy van kleinsaf die droom om eendag ‘n model te wees gekoester.

‘n Modelfotograaf het haar potensiaal op Facebook raakgesien en ‘n ‘test photoshoot’ op Secunda het gevolg.

Dié fotograaf het reeds aangedui dat hy maandeliks van haar foto’s wil neem.

Ilka Swart geniet modelwerk (Foto: Verskaf)

Ilka is in gr. 11 by Hoërskool Standerton en planne vir die toekoms is redelik vloeibaar met onderwys wat nie uitgesluit word nie.

Sy speel ook netbal vir die tweedespan.

In Engels luister sy graag na die popster Demi Lovato.

Ma Bianca het ‘n boek oor ‘n Griekse rolprentster genaamd Ilka gelees en besluit om haar dogter so te noem.

“Ek is baie trots op haar,” het sy gesê.

Haar pa se gemoed het volgeskiet toe hy hoor Ilka is onder die top 10.

“Ek kry sommer ‘n knop in my keel,” aldus Bianca.

‘Road to Phame’, die modelkompetisie, gebruik SMS’e om die wenner te bepaal en mense kan vir dié jong dogter stem deur ‘RTP 44’ na 35029 te SMS.

‘n SMS kos slegs R3.

Ilka is die enigste een op Standerton wat vir die kompetisie ingeskryf het wat ‘n bepalende invloed op haar toekoms kan hê.

Ilka Swart geniet modelwerk (Foto: Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button