Ligbron Akademie vir Tegnologie se ESport Dota-span het vanaf 11 tot 13 Oktober aan die eindronde van “VS Gaming High School Esports League” by die Maverick Gaming Centre in Sandton deelgeneem.
Ligbron se Esport-span het algeheel derde in Suid-Afrika geëindig.
Dié liga is die enigste in sy soort wat net vir hoërskoolleerders is.
Skole landwyd het deelgeneem met Grey Hoërskool wat die eerste plek ingeneem het en Parklands College wat tweede geëindig het.
Die span het hul borge, Re Accounting, Fantech en SpeedyRoof bedank wat die eindronde vir hulle moontlik gemaak het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!