CrimeNews

AfriForum op Standerton dra by tot gemeenskapsveiligheid

“Saam kan ons groter take aanpak en Standerton weer ’n veilige omgewing maak.”

AfriForum se Standerton-buurtwag het op 15 Februarie aan ’n sigbaarheidsoperasie van die Suid-Afrikaanse Polisiediens deelgeneem waartydens vyf verdagtes in hegtenis geneem is.

Volgens AfriForum, was die inhegtenisnames onder meer vir die besit van dwelms, dronkbestuur en die misbruik van alkohol in die openbaar.

’n Onwettige kroeg is ook toegemaak.

Altesaam 18 AfriForum-lede, ses patrollielede, een beampte van Kasselman Veiligheidheidsdienste en agt lede van die gemeenskap­polisiëringsforum het deelgeneem.

“Ons besef dat dit belangrik is om saam met die plaaslike rolspelers in die gemeenskap te werk,” het mnr. Gerhard Moll, buurtwagvoorsitter, gesê.

“Saam kan ons groter take aanpak en Standerton weer ’n veilige omgewing maak.”

Die buurtwag het ook in Februarie taktiese opleiding in vuurwapenhantering ontvang.

Mnr. Hendrik Mills het dit aan 15 lede aangebied, wat ook geleer is hoe om vuurwapenaanvalle af te weer.

Volgens mnr. Moll, was die opleiding sinvol wat verder tot omgewingsbeveiliging kan bydra.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button