BlogsOpinion

[RUBRIEK] Op die spoor van kreatiwiteit

My redakteur het dit voorgestel en ek dink aan die vakansie wat voorlê, die Kersete wat om die draai is, nuwejaarvoornemens wat gesystap kan word en die bonus in die salaristjek.

’n Gemeenskap of kultuur kan nie bestaan sonder diegene wat aan hulle kreatiwiteit, presies op die regte oomblik, uiting gee nie.

Neem nou maar die individu wat ’n grap uitdink, dit vertel en noukeurig volg hoe dit ’n lewe van sy eie, met die nodige stertjies, kry.

Daarom is dit geensins vreemd dat kollegas dieselfde whatsApp-boodskap of foto aan mekaar stuur, net om uit te vind hulle het dit al gekry nie.

Moontlik het dit te make met die kringe waarin jy beweeg.

’n Belangriker vraag is wanneer is mense kreatief?

Die persoon in sy liefde verlaat, wat die ondervinding neerpen en moontlik gestalte aan ’n melodie gee, se emosionele pyn is die dryfveer.

Daar hoef nie ver gekyk te word om te besef dat die grootste persentasie “country”-liedjies dié onderwerp aanspreek nie.

Gooi daarby die alkoholmilieu en siedaar, ’n nuwe ster!

Gepraat van pyn, my redakteur raak op sy kreatiefste na fisieke uitmergeling in die gimnasium.

Die woorde vloei, sinsnedes volg op mekaar, woordspelings kom voor en geen pretensie, geen beheer.

Waar is Karen Zoid en Francois van Coke nou?

Die Afrikaanse letterkunde het reeds Hettie Smit se sogenaamde biegroman, Sy kom met die sekelmaan, wat gegrond is op ’n briefwisseling tussen haar en die skrywer en digter W.E.G. Louw.

Sonder om nou op loop te gaan met kunstenaars wat ly vir hulle kuns en somtyds aannames wat gemaak word oor hulle leefstyl en geestesgesondheid, is dit moeilik om nie raak te sien hoe sulke mense ekstreme gedragspatrone openbaar nie.

Die term ‘begaafd’ wat hulle toegevoeg word, is maar die een kant van die muntstuk.

Ek is slaggereed om te antwoord waar die kreatiwiteit vir die rubriek vandaan kom.

My redakteur het dit voorgestel en ek dink aan die vakansie wat voorlê, die Kersete wat om die draai is, nuwejaarvoornemens wat gesystap kan word en die bonus in die salaristjek.

My raad is om nie nou aan Januarie te dink nie want die meet en pas om die begroting te laat klop, is voortydig.

Related Articles

Back to top button