Local newsNews

Skaaprus-projek beoog om inwoners te bemagtig

Skaaprus is ’n afgeleë, informele nedersetting sowat 8km uit Ermelo op die Piet Retief-pad, wat sowat 800 mense huisves.

Die klein informele dorp, net buite Ermelo, wat eers bekend was as Skaaprus, is op 18 Julie amptelik as Bambanani heropen.

Skaaprus is ’n afgeleë, informele nedersetting sowat 8km uit Ermelo op die Piet Retief-pad, wat sowat 800 mense huisves.

Mnr. Ian Campbell het in 2011, met net genoeg geld vir ’n graaf, pik, stuk tou en ’n maatband, met die afmetings begin vir die fondasies van die voorskool, wat hy opgerig het.

Mnr. Campbell het gesê: “Die verskil in die gemeenskap vandat ons betrokke geraak het, is duidelik sigbaar.

“Die misdaadsyfer het ooglopend gedaal en hoewel die mense nog swaarkry, bring elkeen sy deel.”

Groot veranderinge word vir dié informele dorp beplan.
Mnr. Bruce Campbell wat aan stuur van dié vernaderinge is, se visie is om die inwoners te bemagtig deur klein eenvoudige besighede in die dorpie te open.
Mnr. Bruce Campbell het gesê : “Ons glo dat as die gemeenskap die nodige ondersteuning en opleiding ontvang, dat hulle sal floreer en ’n suskes van die projek sal maak.”
Lees die volledige berig in die Hoëvelder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button