NUUSFLITS – Standerton Buiteklub deur brand verwoes
In gerugte en hoorsê groei die stertjies oor wat die oorsaak kon wees, maar tot dusver is geen beslissende oorsaak bekendgemaak nie.
Paniek het vanoggend, 24 Oktober, verskeie gholfliefhebbers en mense wat oor die jare bande met die Standerton Buiteklub gesmee het, se binneste binnegedring.
Rookwolke het die blou uit die lug gesmoor en vlamme het die hemel opgeskiet toe die grootste gedeelte van die gebou, vroegoggend, in die vlamme verswelg is.
In gerugte en hoorsê groei die stertjies oor wat die oorsaak kon wees, maar tot dusver is geen beslissende oorsaak bekendgemaak nie.
Die Standerton-gemeenskap het hul naam weer gestand gedoen en saamgetrek in ’n tyd wat dit bitter nodig was, om saam te staan.
Sien al die foto’s HIER
Verskeie rolspelers het water aangery en met brandbestryding gehelp, terwyl ander in rye by die deure, met items uitgehol het voordat die ‘vlamtentakels’ dit kon aanraak.
Die voorportaal is soos iets uit ’n nagmerrie, met allerlei meubels en items wat in die slag gebly het.
Verskeie lede van die Lekwa Brandweerdienste het ook ingespring om skade tot ’n mate te probeer beperk.
Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.