EntertainmentLifestyle

NG Kerk se Wes-gemeente in Standerton hou basaar

Kinders kan uitsien na springmielies en spookasem en oudergewoonte is daar ’n wit olifant-tafel sowel as boeke om uit te snuffel.

Die N.G. Kerk se Wes-gemeente sal op Saterdag, 27 Oktober ’n basaar vanaf 8vm tot 1nm aanbied.

Die tema is ‘Rugbyjol, dis hoe ons rol’ en gemeentelede is van voorneme om in ’n rugbytrui, hetsy plaaslik, provinsiaal of nasionaal, op te daag.

Besoekers kan by die stalletjies met onder meer pannekoek, braaivleis, sosaties, kerrie en rys, vetkoek, worsbroodjies en gebak ’n draai maak.

Kinders kan uitsien na springmielies en spookasem en oudergewoonte is daar ’n wit olifant-tafel sowel as boeke om uit te snuffel.

Die kerk beplan om trekkerritte deur die oggend te laat plaasvind.

’n Veiling is ook nie uitgesluit nie.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button