Local newsNews

911 Riders nooi gemeenskap om saam teen plaasmoorde op te staan

Die doel van die samekoms is om mnr. Meyer se familie te ontmoet en hul medelye oor te dra.

Die Motorfiets-groep, 911 Riders nooi alle belangstellendes om 11vm op 15 Junie, by die Ermelo Polisiestasie bymekaar te kom, waarna daar na die plaas, Waaihoek, waar mnr. Moolman Meyer onlangs vermoor is, te vertrek.

Die doel van dié samekoms is om mnr. Meyer se familie te ontmoet en ook om medelye oor te dra.

Mnr. TJ Maré, Nasionale president van 911 Riders, het vertel dat hul ook tydens dié samekoms by die plaas vir die familie gaan bid, asook oor die vlaag plaasmoorde oor die algemeen.

LEES OOK:  Boer se lyk op plaas buite Sheepmoor gevind

Verskeie motorfietsgroepe gaan van verskillende dorpe vertrek om 11uur by Ermelo Polisiestasie te vergader.

Die vertrektye is;

7.30vm – Sonpark BP Nelspruit
8vm – R40 & R38 (Barberton)
9.40vm – Breyten Polisiestasie
10vm – Carolina Polisiestasie
11vm – Ermelo Polisiestasie

Die groep is sowat drie jaar gelede gestig, met die doel om bewusmaking van hoofsaaklik plaasmoorde, te bevorder.

Landswye motorfietsgroepe vorm deel van die 911 Riders.

Die Whatsapp-skakel vir die inligtingsgroep is;

https://chat.whatsapp.com/FCutZQCTTkgCcMAQE7wRRG

Mnr. Maré,  het gesê: “Daar is geen beter manier as ’n groep motorfietsryers wat saam beweeg, om sake op die voorgrond van die nuus te bring nie.”

 

Related Articles

Back to top button