NewsSchools

Morgenzon Landbou Akademie ontvang toekenning

Die eer om as landbouskool van die jaar aangewys te word, het MLA by ’n galafunksie te beurt geval.

Morgenzon Landbou Akademie (MLA) het vanaf 17 tot 20 September aan die Alfaskou op Parys waar hulle as landbouskool van die jaar aangewys is.

Altesaam 11 landbouskole van sover as Tzaneen in die Noorde, Brits in die Weste en Reitz in die Suide het meegeding.

MLA het by die jeugskou in die grootvee- en kleinveeklas onderskeidelik in die tweede en vierde plek geëindig.

Ander kompetisies waaraan deelgeneem is, was die rasuitstalling waar die Bradford-beesras en Vleismerinoskaapras uitgestal is.

Daar was ook ’n kennisafdeling waar veeplaastydskrifte vanaf Januarie tot Augustus vanjaar se relevante boerderyberigte as basis gebruik is.

Verdere kompetisies was onder meer ’n slagos-groep van vier diere en MLA se osse het ’n gemiddelde persentasie van 58,8% behaal.

By die kuilvoervoerkompetisie het MLA uit die 74 deelnemers in die top 16 geëindig en is ook die skool wat die beste mieliekuilvoer in die land gemaak het.

Die eer om as landbouskool van die jaar aangewys te word, het MLA by ’n galafunksie te beurt geval.

Die skool het die hoof, landbou-onderwysers en ouers wat betrokke was om dit ’n spoggeleentheid te maak, bedank.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button