Local newsNews

Onthou kankerlyers sinvol tydens ‘Relay for Life’

Koste beloop R500 per span en ’n span moet ’n geldinsamelingsinisiatief van stapel stuur om R1 000 in te samel.

Die ‘Relay for Life’ vind vanjaar op 13 Oktober by Laerskool Kalie de Haas plaas waar kankerlyers onthou sal word deur om die atletiekbaan vanaf 11vm tot 11nm te stap.

Volgens me. Natasha Philpott van Cansa, sal elke rondte aan ’n kankerslagoffer, hetsy in 2017 of 2018, opgedra word.

Spanne bestaande uit tussen 10 tot 15 deelnemers sal op dié wyse hulde betoon aan diegene wat reeds afgesterf het, diegene wat die siekte oorwin het, sowel as diegene wat tans gebuk daaronder gaan.

Koste beloop R500 per span en ’n span moet ’n geldinsamelingsinisiatief van stapel stuur om R1 000 in te samel.

Kosstalletjies juis vir dié doel sal op die terrein wees waar kunstenaars ook die publiek sal vermaak.

Skakel me. Philpott by 079 404 4196 om ’n span in te skryf.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button