Local newsNews

Ermelo Hope Animal Rescue moedig mense aan om diere se veiligheid op te skerp

’n Ander probleem wat hulle ervaar is eienaars wat troeteldiere weggooi wat hulle nie meer wil hê nie, die groep probeer eers die eienaars opspoor waarna hulle oorskuif om die troeteldiere te laat aanneem.

Ermelo Hope Animal Rescue doen ‘n beroep op alle troeteldier eienaars om te verseker dat hulle troeteldiere ten alle tye veilig toegemaak is.

Die hoeveelheid rondloper troeteldiere in Ermelo het die afgelope tyd toegeneem.

Die stigter van Hope Animal Rescue, me. Liezl Oosthuizen het aan die Hoëvelder genoem dat meeste van die diere wel eienaars het, maar dat die diere uit hul erwe kom, omdat daar nie die nodige omheinings is nie, en in ander gevalle, versuim eienaars om hul hekke toe te maak.

“Ons weet dat dit ekstra geld vereis om meer sekuriteit vir die diere te bied, maar dit sal die aantal rondloper diere aansienlik verminder,” het me. Oosthuizen vertel.

‘n Ander probleem wat hulle ervaar is eienaars wat troeteldiere weggooi wat hulle nie meer wil hê nie, die groep probeer eers die eienaars opspoor waarna hulle oorskuif om die troeteldiere te laat aanneem.

“Ermelo se gemeenskap ondersteun ons baie goed met die aannemingsprosesse en dit verloop gewoonlik baie vining.”

Die groep is steeds op soek na ‘n perseel wat hulle in ‘n veilige hawe vir rondloper diere kan omskep.

Die alternatiewe opsie is om ‘n stuk grond te koop, maar daarvoor benodig hulle geld.

Me. Oosthuizen het vertel dat hulle tans baie op Ermelo Dierekliniek staatmaak vir hulp, medikasie en raad vir die troeteldiere wat opgetel word.

Sy doen ook ‘n beroep op die gemeenskap wat betrokke wil raak, om by die veearts ‘n draai te maak, waar daar geld op hulle rekening om te help met die mediese kostes in betaal kan word.

Hope Animal Rescue moedig mense aan om hulle in verband met die aanneming van troeteldiere te kontak.

Die groep fokus om diere te laat aanneem en doen inspeksies by die belangstellendes om te verseker dat die troeteldiere na ‘n liefdevolle huis gaan.

“Daar ook ‘n klein aannemingsfooi wat verskil van dier tot dier, om spuite en ander kostes te dek.”

Die grootste behoefte wat Hope Animal Rescue tans ervaar is gelde om ‘n perseel te kan oprig.

“Ons gaan binnekort begin met geldsinsamelingsprojek en gaan grootliks die gemeenskap hierby betrek. As enige persoon of onderneming vir ons ‘n insamelingsfunksie wil aanbied kan hulle ons skakel.”

Hulle is ook op soek na vrywillgers wat na die troeteldiere oor ‘n naweek kan omsien of tydelike huise aan troeteldiere kan bied.

“Ons vra dat die gemeenskap ons sal ondersteun en ook geduldig met ons sal wees. Ons het minimale hulpbronne wat die taak tans moeilik maak.”

Hope Animal Rescue het onlangs ‘n bankrekening in die organisasie se naam waarin mense donasies kan maak, geopen.

Die bankbesonderhede is: First Nasional Bank, Hope Animal Rescue, Rek no. 62803578014, Tjek rekening, Tak kode 270344.

Indien enige iemand wil betrokke raak by die organisasie kan hulle me. Oosthuizen skakel by 076 948 5026 vir meer inligting.

Hope Animal Rescue is opsoek na ’n liefdevolle huis vir die blinde hond wat oor iemand se muur gegooi is. Die hond is ’n teef. (Foto:Verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button