Local sportSport

Rolbalspelers geniet eerste wedstryde van Nashua Rolbalbesigheidsligs

Altesaam 40 spanne het ingeskryf wat Dinsdae en Donderdae sake uitspook by Ermelo rolbalklub.

Die Nashua Rolbalbesigheidliga het op Dinsdag, 19 Februarie met baie opgewonde spelers afgeskop.

Altesaam 40 spanne het ingeskryf wat op Dinsdae en Donderdae by Ermelo rolbalklub sake uitspook.

Na die afloop van die eerste wedstryde loop Rothman Motors voor in die Dinsdaggroep met 26 punte.

Nashua volg ook kort op hul hakke met 26 punte en die Ballbusters is tans in die derde plek met 22 punte.

Die spanne wat volg, is Emfuleni pipes & Pumps met 21 punte, Value Africa met 20 punte, Adidas met 19 punte, Piet met 18 punte, Ettc A met 18 punte, Balls of Fury met 17 punte en Vleissentraal met 16 punte.

Tasso’s lê tans in die 11de plek op die punteleer met 16 punte, gevolg deur Tiger Milling (16 punte), M.O.T.H (14 punte), Ettc B (14 punte), De Wit Motors (12 punte), VDB (11 punte), Pan Solutions A (10 punte), Glasfit Cutters (10 punte) Geelspan (sewe punte) en Supa Quick (sewe punte).

Die voorlopers in die Donderdaggroep is die Jokers wat op 13 punte staan.

Idawu is in die tweede plek met 12 punte en Fire & Signs in die derde plek met 11 punte. In die vierde plek is Camel Madness met 11 punte, Pointteck A en Bult deel tans die vyfde plek met 10 punte, met Flinstones (10 punte) sewende, Ouma Rooi (10 punte) agtste, Toyota B (10 punte) negende en EBM (10 punte) 10de.

Bolt & Nut lê in die 11de plek met nege punte MJ Steel kort op hulle hakke in die 12de plek met nege punte, gevolg deur Head to Tail (sewe punte), Underdogs (ses punte), Majorsteel (ses punte), Fast Web (ses punte), Sanlam (ses punte), Toyota A (vyf punte), Rotariërs (vier punte) en Teletronics (twee punte).

Vir meer fotos volg die skakel:

https://highvelder.co.za/75531/gallery-nashua-rolbalbesigheidsliga-sorg-vir-goeie-vermaak/

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button