School sportSport

Hoërskool Ermelo se wintersportspanne skitter in Bethlehem

Hoërskool Ermelo se eerstespan wedstryd was die hoogtepunt van die dag met die span wat hulle wedstryd 14-27 gewen het. Die drieë is gedruk deur Mthandeni Thomo, Mitchelson Mkhwanazi, Francios du Plessis en Herman Moolman.

Hoërskool Ermelo het op Saterdag, 2 Maart teen Hoërskole Witteberg en Voortrekker in Bethlehem te staan gekom.

Die netbal se uitslae is as volg:

U-lene Nortje van Hoërskool Ermelo Calstar eerste-netbalspan in aksie. (Foto: Verskaf)

0/14A wen 17-13, 0/14B wen 28-11, 0/15A verloor 19-9, 0/15B verloor 15-3, 0/16A verloor 34-16, 0/16B wen 11-2 en Hoërskool Ermelo Calstar se eerste-netbalspan het 36-15 verloor.

Die dogtershokkie se wedstryde was op Hoërskool Voortrekker se astro, sowel as op die grasbaan van Hoërskool Witteberg gespeel.

Die 0/14-span het hulle eerste astrowedstryd teen Hoërskool Voortrekker 5-1 gewen.

Jaclyn Venter het drie doele aangeteken met Nathalie Nel en Simoné Jacobsz wat elk een doel aangeteken het.

Die 0/15A-span het teen Hoërskool Voortrekker se 0/16A-span 3-2 verloor. Chloë van Wyngaardt en Surika Struwig het dié span se doele aangeteken.

EHS se 0/16A-span het 2-0 voorgeloop teen Hoërskool Witteberg, maar hulle het terug geveg en die eindtelling gelyk gemaak met twee doele elk.

Die EHS se tweedespan het hulle wedstryd 3-0 gewen. Sunelle de Bruyn, Jani Hattingh en Meghan Houy het die span se doele aangeteken.

Hoërskool Ermelo Calstar eerstespan-dogtershokkie het twee harde wedstryde gespeel.

Hulle het teen beide Hoërskool Voortrekker en Hoërskool Witteberg gespeel en albei wedstryde 4-2 verloor.

Die eerstespan-seunshokkie het hulle eerste voorseisoenwedstryd teen Hoërskool Witteberg gespeel.

Die seuns was teen rustyd 1-3 agter, maar Charis Brundyn en Adriaan Olivier het elk ‘n doel aangeteken in die tweede helfte wat dié span ‘n eindtelling van 3-4 besorg het.

EHS se rugbyspanne se tellings;

Mthandeni Thomo storm na die doellyn met Francois du Plessis en Dewald de Villiers wat hom kom ondersteun. (Foto: Verskaf)

Die 0/14A-span het hulle wedstryd 39-5 verloor. Pieter Jacobs het die span se drie gedruk.

Die 0/15A-span het 22-24 gewen. CJ van Huyssteen, Msizi Nhlophe en Diederik van der Walt het elk ‘n drie aangeteken.

Diederik van der Walt het ook ‘n strafdrie gedruk en het een drie verdoel.

EHS se 0/16A-span het met ‘n pragtige telling van 43-17 gewen.

Corné Janse van Rensburg het drie drieë gedruk, Lourens Erasmus het twee aangeteken en Wonderboy Mnisi en Lunga Cindi het elkeen een drie gedruk.

Günther Badenhorst het vier drieë verdoel.

Die tweedespan het hulle wedstryd 12-5 gewen. Tino Chigede het twee drieë vir dié span aangeteken en Zuzu Mabuza het een drie gedruk.

EHS se eerstespan wedstryd was die hoogtepunt van die dag met die span wat hulle wedstryd 14-27 gewen het.

Die drieë is gedruk deur Mthandeni Thomo, Mitchelson Mkhwanazi, Francios du Plessis en Herman Moolman.

Walter Visser het twee drieë verdoel en een strafskop oorgeskop.

Mitchelson Mkhwanazi van Hoërskool Ermelo se eerste rugbyspan duik oor die doellyn. (Foto: Verskaf)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button