Local newsNews

Ses-weke-oue hond in Standerton uitgesit na vel afgeskeur is

“Ek is van mening dit was ’n persoon wat my hond so seer gemaak het en nie ’n dier nie.” het mnr. Groenewald gesê.

Die vel van ’n ses-weke-oue-hond is op 8 April van sy rug afgeruk en die dier is na die veearts geneem en  later uitgesit.

Volgens die eienaar, mnr. Jaco Groenewald, was daar ’n soektog na hom na ’n foto van die hond die ronde op Facebook gedoen het.

Hy het gesê dat hy self in aanraking met die Dierebeskermingsvereniging (DBV) gekom het.

Lees ook:  VIDEO: Lekwa kommunikasiebestuurder beweer pompstasie herstel, onderhoud in die ‘pyplyn’

Me. Jenneth Geel, senior inspekteur van die DBV, was by mnr. Groenewald en het aangedui dat die hond vermoedelik deur ’n ander dier verskeur is.

Mnr. Groenewald het voet by stuk gehou dat dit nie die geval is nie en dat ander oorsake ondersoek moet word.

“Ek voel dit was ’n persoon wat my hond so seer gemaak het en nie ’n dier nie.” het mnr. Groenewald gesê.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button