NewsSchools

Ermelo Hoërskool oorhandig streepbaadjies aan matriekleerders van 2019

Dit is ter aanduiding dat jy as graad 12-leerder deel is van die leiers van die EHS en ’n voorbeeld moet stel vir dié wat na jou opkyk

Ermelo Hoërskool het Dinsdag, 9 Oktober hulle jaarlikse baadjieseremonie vir graad 11’s gehou.

Die spesiale funksie behels die oorhandiging van EHS se kenmerkende streepbaadjies aan volgende jaar se matrieks.

Die leerders het op ’n erekode geantwoord, waarna hulle op die verhoog gestaan en hulle ouers die geleentheid gekry het om die gewone groen baadjie te vervang met die streepbaadjie.

Die simboliese waarde agter die baadjies is iets wat die Erries na aan die hart lê.

Mnr. Douw Joubert van Ermelo Hoërskool oorhandig die skoolvlag aan die hoofseun vir 2019, Francois du Plessis. (Foto verskaf)

Dit is ter aanduiding dat jy as graad 12-leerder deel is van die leiers van die EHS en ’n voorbeeld moet stel vir dié wat na jou opkyk.

Na die oorhandiging van die baadjies, is die Skoolbybel oorhandig aan die hoofdogter vir 2019, Nicole Venter, as simbool van geloof met die wens:

“Glo in God en glo in die toekoms. Neem dit as ’n lig vir jou pad en ook vir die Erries.”

Die skoolvlag is oorhandig aan die hoofseun vir 2019, Francois du Plessis, as simbool van eenheid, eenheid in wil en eenheid in strewe.

Die wens wat gepaardgaan met dié vlag, is: “Neem dit en bou ’n beter toekoms vir ons skool en ons land.”

Die streepbaadjies is deel van die trots van Errie-wees.

Mnr. Douw Joubert van Ermelo Hoërskool oorhandig die skoolvlag aan die hoofseun vir 2019, Francois du Plessis. (Foto verskaf)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button