School sportSport

EHS wys hul slag op die krieketveld

Marco Ferreira, Juan-Paul Labuschagne en Corné Janse van Rensburg het elkeen ’n reuse ses geslaan wat die skare laat juig het.

Ermelo Hoërskool se 0/15A-krieketspan het Saterdag, 13 Oktober teen Hoërskool Bergvlam in die Mpumalanga-halfeindstryd gespeel.

Danie Theron van EHS het die loot gewen en besluit om eerste veldwerk te doen.

Bergvlam het in 32 beurte 115 lopies aangeteken. Boulers wat uitgeblink het, is Arend Fourie met vyf paaltjies, Danie Theron drie paaltjies, Wian Swart en Corné Janse van Rensburg het elkeen een paaltjie geneem.

Die Erries het in slegs 29 beurte 118 lopies aangeteken en het die wedstryd met twee paaltjies gewen. Corné Janse van Rensburg het die nodige lopies met ’n uitstekende vier afgesluit.

Danie Theron het 40 lopies aangeteken en Corné Janse van Rensburg het 24 lopies aangeteken.

Marco Ferreira, Juan-Paul Labuschagne en Corné Janse van Rensburg het elkeen ’n reuse ses geslaan wat die skare laat juig het.

Erries het met hierdie oorwinning deurgedring na die eindstryd wat op Saterdag, 20 Oktober plaasvind.

Arend Fourie van Ermelo Hoërskool se 0/15A-krieketspan staan gereed om die paaltjie te laat val. Hy het vyf paaltjies in hulle wedstryd teen Hoërskool Bergvlam laat tuimel. (Foto verskaf)

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button