MunicipalNews

Ouditeur-Generaal se verdoemende verslag by Lekwa raadsvergadering bekendgemaak

“Standerton raak toenemend ’n rommeldorp,” het mnr. De Ville afgesluit.

Die Ouditeur-Generaal se verdoemende verslag is op 31 Januarie by die Lekwa Munisipaliteit se raadsvergadering bekendgemaak.

Volgens die verslag het die munisipaliteit ’n netto verlies gely van R310 489 929 vir die jaar geëindig 30 Junie 2017.

Die munsipaliteit se huidige verpligtinge oorskry die totale bates met R250 132 542.

“Die DA se herhaaldelike versoek dat die munisipaliteit onder administrasie geplaas word, val op dowe ore,” het mnr. Rosier de Ville, koukusleier van die DA, gesê.

Mnr. De Ville het gesê die dié verslag toon aan dat die finansies steeds afwaarts neig en dat die vraag gevra kan word of dit nog as ’n munisipaliteit kan voortbestaan.

 

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button