NewsSchools

Leerders van Ermelo Hoërskool geniet Beeldskool in Pretoria

Wiskunde is in die eerste week behandel en fisiese wetenskap in die tweede week.

Vyf leerders van Hoërskool Ermelo het in die vakansie akademiese tyd by Beeldskool geniet.

Vandré Swart, Lusanti Brundyn, Jenna Lewis, Lana Grobler en Berné de Kock was tussen 25 Junie en 5 Julie in Pretoria.

Die klasse is deur mnr. Johan Mitton by Tuks aangebied en het onder andere oor gr. 11-hersiening en die gr. 12-sillabus in spesifieke vakgebiede gehandel. Die klasse is hoofsaaklik ter voorbereiding van die rekord- en eindeksamen aangebied.

Wiskunde is in die eerste week behandel en fisiese wetenskap in die tweede week.

“Mnr. Mitton se aanbieding was puik. Ek is seker almal sal saamstem dat ons baie geleer het. Ons het geskaterlag vir mnr. Mitton se humor!” het Lusanti Brundyn gesê.

Vandré Swart is een van vyf leerders van Hoërskool Ermelo wat tussen 25 Junie en 5 Julie die Beeldskool in Pretoria bygewoon het. (Foto Verskaf)
Lana Grobler is een van vyf leerders van Hoërskool Ermelo wat tussen 25 Junie en 5 Julie die Beeldskool in Pretoria bygewoon het. (Foto Verskaf)
Jenna Lewis is een van vyf leerders van Hoërskool Ermelo wat tussen 25 Junie en 5 Julie die Beeldskool in Pretoria bygewoon het. (Foto Verskaf)
Berné de Kock is een van vyf leerders van Hoërskool Ermelo wat tussen 25 Junie en 5 Julie die Beeldskool in Pretoria bygewoon het. (Foto Verskaf)
Lusanti Brundyn is een van vyf leerders van Hoërskool Ermelo wat tussen 25 Junie en 5 Julie die Beeldskool in Pretoria bygewoon het. (Foto Verskaf)

Related Articles

Back to top button