CrimeNews

Vuurwerke op oujaar is ’n uurtjie se plesiertjie, maar nie vir diere

Vele diere is as vermis op Facebook aangedui.

Die Oujaar word tradisioneel uitgegaan met ’n makietie waar vuurwerke om middernag die lug ingeskiet word om die nuwe jaar met ’n ‘bang’ in te gaan.

Dit is nie vir almal, veral die diereryk, soveel pret nie.

Vele diere is as vermis op Facebook aangedui.

Mnr. Ben Vorster het sy misnoeë of Facebook uitgespreek oor die klappers, want hy het voorsorg getref vir sy hond en dié in die huis toegemaak voor hulle as gesin kerk toe is.

Met hulle terugkeer was die deur van die kantoor vol krapmerke en oop, die hond het die deur op een of ander manier oopgeforseer en is in die slaapkamer gevind waar hy skuiling gesoek het.

Mnr. Vorster het ook vertel dat hul met die terugkeer van die kerk, deur die dorp gery en selfs mense gewaar het vuurwerke van woonstelbalkonne af na voertuie in die straat afgevuur het.

Lees in volgende week se Standerton Advertiser oor ander voorvalle asook die wette ten opsigte van die gebruik en verkoop van vuurwerke.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button