Local sportSport

Meyerville Hengelklub hengelaars kap 413 visse vas

Piet van der Merwe het in die meestersafdeling geseëvier.

Altesaam 54 hengelaars van Meyerville Hengelklub het op 14 Oktober by die klubwater 413 visse met ‘n totale gewig van 260kg gevang.

Piet van der Merwe het in die meestersafdeling geseëvier met 20 visse van 11,2kg, gevolg deur Pikkie Petzer met 10 visse van 5,9kg en Koos van Rensburg met 10 visse van 4,5kg.

Piet van der Merwe het in dié afdeling die swaarste sak geelvis van 10 visse van 5,427kg vasgekap.

Danie Human het die seniorafdeling verower met 17 visse van 9,5kg, terwyl Ernest Mitchell met 14 visse van 9,7kg en Wikus Fourie met 14 visse van 8,9kg onderskeidelik tweede en derde geëindig het.

Vincent Vrettas het in dié afdeling die swaarste sak geelvis van 10 visse van 7,051kg aan wal gebring.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button