BlogsOpinion

Wat is ‘n guns vir wie

Eiendom speel ’n belangrike rol in die maatskaplike lewe ongeag ’n kapitalistiese of sosialisties/kommunistiese stelsel

Met die term ‘regte’ wat voortdurend rondgeslinger word, kan mens die stoute skoene aantrek en eie reg gebruik om ‘voorregte’ te laat toeneem op die lys van die ononderhandelbare.

Die ou verklarende staatmaker van die Afrikaanse taal, HAT, verwys na ’n ‘guns’ om ‘voorreg’ te verklaar, terwyl Pharos ook verwys na ‘eer’.

Die Grondwet van Suid-Afrika, daardie bastion wat ordelikheid in die samelewing probeer handhaaf, se hoofstuk 3, artikel 25, handel oor eiendomsreg wat juis nou in die spervuur is.

Benewens politieke oortuigings en politieke partye se aandrang op die wysiging van klousules, is die instelling van eiendom nie net op juridiese gebied van belang nie, maar speel ook ’n groot rol op maatskaplike en sosiale gebied.

’n Destydse hoogleraar in die regte het reeds in ’n 1979-publikasie, Sakereg, daarop gewys dat eiendom tesame met ‘n ‘ooreenkoms’ die grondslag vorm van die ruilverkeer waarop die huidige wêreldekonomie gebaseer is.

Eiendom speel ’n belangrike rol in die maatskaplike lewe ongeag ’n kapitalistiese of sosialisties/kommunistiese stelsel.

Hy is van mening dat privaateiendom onontbeerlik is vir sowel die instandhouding van die familie as die individuele ontplooiing van die persoonlikheid.

Sosiale media het nie op hom laat wag na die president onlangs vervreemding van grond, sonder vergoeding, as beleidsrigting aangedui het.

Van kommentaar soos ’n betekenisvolle ekonomiese ontwikkeling tot die viering van armoede en vraagtekens oor die nodige vaardighede is geplaas.

Dit is moelik om emosie van die rasionaal te skei in dié argument, wat ’n geïntegreerde mening kortwiek.

Dit is twyfelagtig of enige iemand nie simpatie sal hê met die geringstes onder ons nie, maar eweneens ook simpatie sal hê met diegene wat aan die kortste end sal trek.

Koos Kombuis het mos gesing van die huisie by die see.

Related Articles

Back to top button