Local newsNews

Annique bied Jubileedag aan

Baie te siene by Annique se Jubileedag.

HOëVELD – Mathys Roets tree op 6 September om 9vm as sanger en motiveringspreker by die Anniquedag by Laerskool Krielpark op.

Annique bied jaarliks die Jubileedag aan waartydens hulle die Kersfeesvelsorgreeks bekendstel.

Kaartjies word teen R200 verkoop en dit sluit ontbyt, middagete, sap, koffie en tee in.

Daar gaan ook trekkings gehou word waar van die vroue iets ekstra kan huis toe neem.

Kom luister wanneer hy vertel hoe uitmergelende situasies uitdagings kan word wat jou leer om alle versperrings te oorkom.

Roets het sy musiekloopbaan in 1989 begin toe hy met sy kitaar in die hand in ’n winkelsentrum in Pretoria vir fooitjies gesing het.

Die pad wat hy gestap het, was nie maklik nie.

Hy het harde bene gekou, self luidsprekers rondgedra en van restaurant na restaurant gegaan om daar te sing, maar toe hy uiteindelik raakgesien is, het dinge behoorlik vir hom vlam gevat.

Hy was op 6 April 2009 in ’n ernstige motorfietsongeluk betrokke op pad na die KKNK op Oudtshoorn.

Sy lewe het dae lank aan ’n draadjie gehang en uiteindelik het die Rosepark Hospitaal ’n verklaring uitgereik dat Roets verlam is.

Ten spyte van dié terugslag, het hy besluit om vorentoe te kyk en steeds voluit te leef.

Hy is ook mede-aanbieder van KykNET se leefstylprogram Kamp dit uit, waar hy saam met Alexa Strachan toer.

Hy het die afgelope paar jaar deeglik kennis gemaak met afskeid, verlies en veranderings.

Dit het hom geleer om aanpassings en paradigmaskuiwe te maak.

Vroue word genooi om die dag saam met die Anniquelede te geniet.

Vir meer inligting of om kaartjies te koop, skakel me. Elsie Griesel by 083 650 2459.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button