GalleriesSports galleries

Galery: Gholfers het die afgelope naweek gespeel ten bate van Cansa

Me. Nadia Swiegers, projekassistent van Cansa, het die buiteklub bedank wat jaarliks die dag aanbied asook Sanlam wat die dag borg.

Vier wenners het die afgelope naweek uit ’n baan van 30 spelers getree met die Cansa IPS-Gholfdag by die Standerton Buiteklub.

Me. Nadia Swiegers, projekassistent van Cansa, het die buiteklub bedank wat jaarliks die dag aanbied asook Sanlam wat die dag borg.

Sy het gesê dat een uit elke ses mans deur prostaatkanker geraak word en dat dit deesdae met ’n bloedtoets vasgestel kan word.

Borskanker is ook nie uitsluitlik tot vroue beperk nie en 1 800 mans is verlede jaar met borskanker gediagnoseer.

Die klub bied die komende naweek ’n Beterbalkompetisie aan.

Vir navrae skakel me. Joanne Adendorff by 017 719 1123.

Lees die volledige berig in die volgende uitgawe van die Standerton Advertiser.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button